5

mens is altyd goed met die storie vertel maar as dit kom by dit neerlê, is dit ‘n ander saak. ons het nie die gewone begin gehad soos wat meeste verhoudings het nie. ons ‘honeymoon phase’ was baie vinnig verby en ons moes vinnig grootmens speel.

ons het mekaar ontmoet by ‘n troue waar antonio ‘n gas was en martin het die foto’s geneem. ons ablei het gedink dat die ander een nie juis die vriendelikste persoon is nie, maar het wel gedink die ander een is nogals sag op die oog.. ons ablei se belange was op ander plekke toe ons mekaar ontmoet het, maar soos die lot dit sal wil hê, bevind ons ablei ons weer enkellopend kort na die troue waar ons was.

‘n paar maande na die troue, is ons ablei op ‘n app. martin sien antonio se foto en kan sy kop op ‘n blok sit dat hy vir antonio al iewers gesien het. ons het aan die gesels geraak maar kon nie baie mooi bepaal waar ons mekaar vandaan ken nie. die saterdag na ons begin gesels, nooi antonio vir martin om by hom te gaan koffie drink. ons het toe vasgestel waar ons mekaar vandaan ken. hier kan ons seker maar sê “…and the rest is history?”

halfpad deur die eerste koffie haal antonio sy been af. hy het gevoel as martin nie die been kan aanvaar nie en wil hardloop, is die eerste koffie die perfekte kans. sonder om te noem, het dit nou nie gebeur soos wat antonio dit in sy kop afgespeel het nie. martin het bly sit en verder sy koffie gedrink. die een koffie, het twee geword en twee, het drie geword. vir omtrent twee weke lank sien ons mekaar elke dag.

een aand toe martin by antonio gaan kuier het, bou hy die krag op om vir antonio te vra waarheen hulle oppad is met al die koffie drink. antonio het geantwoord dat hy nie weer iemand gaan uitvra nie. martin het toe vir antonio uitgevra in die sitkamer in 28ste laan. die kuier en koffie het net meer geraak en so kry ons elkeen afsonderlik, ‘n laai in die ander een se kas.

martin se ouma het van die kaap af by sy ouers gaan kuier en martin moes sy bed afstaan vir haar. hy het toe aan antonio genoem dat hy vir ‘n paar aande op die bank gaan moet slaap. antonio het geweier dat martin op die ongemaklike bank die paar aande moet deurbring en hy sê toe dat martin in die spaar kamer kan gaan slaap by hom.

ons was ‘n paar maande by mekaar toe antonio vir martin sê dat hy gaan moet hospitaal toe gaan vir n operasie. antonio het vir martin gesê dat hy die huis en die werkers gaan moet oppas terwyl antonio in die hospitaal is. hierna was ons ‘honeymoon phase’ oor. martin het geweet dat antonio ‘n groot verantwoordelikheid aan hom toevertrou.

kort voor lank verkoop antonio die huis in 28ste laan en ons het toe die bouval in 17de laan gekoop. mens kan dink jou verhouding is sterk, maar dit word regtig beproef sodra mens huis bou. tenspyte van net bou weet almal dat antonio nie net kan bou nie en dat hy altyd die ekstra moet doen as dit kom by opknappings. saam met dit alles word martin se puntenerigheid ook ingegooi.

een september aand word ons uitgenooi na goeie vriende se troue toe. martin moes alleen gaan omdat antonio in die hospitaal was. by die trou sê martin vir antonio dat hy ook dit alles wil he. die troudag, die ‘white-picket-fence’ en die diere ook. antonio se antwoord was eenvoudig: “kom ons trou…”. maar daar is nie ‘n manier wat martin dit so sou aanvaar nie .

na die troue is martin hospitaal toe om by antonio te gaan kuier en daar in zuid-afrikaans se rokersarea raak ons verloof.

so breek, stry en bou ons die huis saam. die tyd was die moeiikste deel in ons verhouding omdat antonio kort-kort in die hospitaal was en martin die fort moes hou, maar dit is ook die tyd wat ons verhouding die meeste gegroei en sterker geword het.

ons het een middag in die stof-sitkamer gesit en deur oop plafon vir die dakplate gestaar toe ons besluit het dat ons die huis gaan verkoop. net soos die verkoop van die vorige huis, het ons nog geen idee gehad waarheen ons trek nie. al wat ons weet is dat ons wel trek.

die besluit om kaap toe te trek was nie moeilik vir een van ons nie. dit is die plek waar ons altwee se harte lê. ons het gekyk vir huise van robertson af tot in blauwberg, maar ons kon nie kies nie. ons prysklas het eenvoudig nie toegelaat vir wat ons gesoek nie.

moeg gesoek, gaan kyk ons na ‘n plekkie in die stellenbosch wynlande en maak ons, soos gewoontlik, net daar die besluit dat ons die huis koop. we did not know how, what or where we were going to do this, but we did.

drie maande later kom pak die trekmaatskappy die huis op en ons laai die diere in ons karre want, ons trek kaap toe!

ons sit nou in ons wynlandhuisie en beplan ons troue saam, met elkeen ‘n koppie koffie.

die mooiste uitbeelding van ons verhouding is die bouval huis in 17de Laan. die dak lek, die mure breek, die verf dop af in die skaduwee, die trappe kraak en die teels is los maar, daar is liefde in die huisie van ons.

This image has an empty alt attribute; its file name is IMG_4321-768x1024.jpg